Oudtshoorniete wys staal in Willowmore perde-uithourit

Dr Fanus Cilliers op sy perd Lormar Shakir waarop hy die vierde plek behaal het. (Foto verskaf)

ALTESAME dertien ruiters van Oudtshoorn het die naweek van 21 en 22 Mei die Willowmore-uithourit in die Oos-Kaap suksesvol voltooi.

Almarie Nel (15) van Langenhoven Gimnasium en haar perd Poncho het die tweede plek behaal in die 80 km junior-afdeling in ’n tyd van 3 ure 58 minute.

Lizél de Waal en haar perd Boesman was vierde in ’n tyd van 5 ure 2 minute in die 80 km trapleer-standaardafdeling.

Dr Fanus Cilliers op sy perd Lormar Shakir het vierde gekom in die 80 km swaargewigkategorie in 4 uur 54 min.

Cilliers het nie net Saterdag deelgeneem nie, maar reeds Vrydag 60 km afgelê met die perd Joe, vir ’n totaal van 140 km die naweek.