Struisies presteer in nasionale taalkompetisie en -eksamen

Ambé Festus, Hlonela Pikashe, Zenobia Kemoeti

LEERLINGE van die Hoërskool Oudtshoorn het in Junie top-prestasies in onder meer die Virtual Model United Nations Conference gelewer en die dorp en hul skool se naam hoog gehou.

Die konferensie bied vir leer-ders regoor Suid-Afrika en die wêreld ’n gulde geleentheid aan om saam verskillende internasionale kwessies na te vors en te debatteer.

Leerders kry ook die kans om te leer hoe die Verenigde Nasies en ander internasionale en streeksliggame funksioneer.

Vanjaar se tema was The Refugee Crisis in a Global Pandemic: Access to Education, Healthcare and Vaccines.

Struisies het naam gemaak in verskeie afdelings by die konferensie, en so ook by die nasionale Engelse olimpiade, en die Wes-Kaapse ATKV redenaars-kompetisie.

By die VN-konferensie het die Moot Court die afdeling vir Best Position Paper gewen met sy stuk Afghanistan.

Met haar gedig het Zoe Da­vids die vierde plek behaal in die Pen Craft-afdeling waar 28 leerders se gedigte gepubliseer is.

Zenobia Kemoeti het nasionaal die top 20 gehaal in die Engelse olimpiade, eerste addisionele taal.

Onder die Wes-Kaap ATKV redenaarskompetisie vir eerste addisionele taal, het Ambé Festus die tweede plek behaal terwyl Hlonela Pikashe die negende plek behaal het.

Lienke le Roux het nasionaal in die top 10 senior-afdeling van die taalbondeksamen geeïndig. (Deur Stefan Skapie Goosen)