’N GROEP bejaarde vroue van Polisiehoogte in Bridgton is verlede week ter viering van Vrouedag deur die Polisiehoogte Nasorgsentrum bederf met ’n heerlike middagete en ’n dag van speletjies.
Volgens Phillip Seroux wat die nasorgsentrum en sopkombuis saam met sy vrou, Susanna, bedryf, is die dag in samewerking met Famsa Karoo aangebied en terdeë deur die senior burgers geniet.
Daar is verskeie bordspeletjies gespeel terwyl die vroue hulle ook gate uit geniet het met domino’s en selfs potspel vir die wat wou.
Franzu Badenhorst van Famsa Karoo het ’n praatjie oor geweld gelewer en gesê dat Suid-Afrika al vir dekades vasgevang is in geweld, met geweld teen weerlose vroue en kinders wat hoogty vier.
Hy het die bejaardes aangemoedig om nie stil te bly wanneer hulle bewus is van enige gesinsgeweld nie. (Deur Garnett Wicomb)
Sentrum trakteer bejaardes op Vrouedag
Bo en onder:
’n Groep bejaarde vroue van Polisiehoogte in Bridgton is verlede week ter viering van Vrouedag deur die Polisiehoogte Nasorgsentrum bederf met ’n heerlike middagete en ’n dag van speletjies. Foto’s: Garnett Wicomb