Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Oudtshoorn is verlede Vrydagaand lekker bederf deur Niel Els (middel voor), mede-eienaar van die Turnberry Boutique Hotel, waar die seuns die aand voor hul sportdag teen Langenhoven Gimnasium oorgebly het. Die bederf, wat ook ’n spanbou-geleentheid was, het ’n aandete en ontbyt ingesluit. By die span staan hul afrigters, Johan de Villiers (links) en Blackie Swart (regs). Foto Angelique Erasmus