Saturnus Primêr ontvang opleiding vir marsjeerorkes

Vanaf Sondag neem (van links) Juffrou Everts, Juffrou Willeman, Meneer Saptouw, Juffrou Piedt en Juffrou Levendal deel aan ’n gespesialiseerde marsjeerorkes-opleiding by Rhodes High School in Mowbray, Kaapstad.

Hierdie opleiding bied hulle die geleentheid om hul vaardighede te verfyn en nuwe tegnieke aan te leer, wat van groot waarde is vir die skool se musiekprogram. Foto: Facebook