Rekords spat op atletiekbaan

Foto verskaf

Honderde hoërskoolleerders het die naweek aan die Kwagga Top 10 deelgeneem wat by De Jager Sportkompleks aangebied is.

Die atlete het die baan behoorlik aan die brand gehardloop. Equin Josephs van Langenhoven Gimnasium het ’n nuwe rekord opgestel in die hoogspring van 1,93 m en ook sodoende 1ste plek behaal in die seuns o.15 afdeling.

Hier is ’n opsomming van die atlete van Langenhoven Gimnasium se prestasies:
Equin Josephs – 1ste plek in seuns o.15 hoogspring met ’n nuwe rekord van 1,93 m.
Ané Bester – 2de plek in meisies o.17, 1 500 m en saam met die wenner die rekord verbeter.
Lian Verwey – 2de plek in seuns o.15, 800 m.
Alexander van der Westhuizen – 3de plek in seuns o.15, 1500 m.
Lika Schoeman – 3de plek in meisies o.15 spiesgooi. (GRANWILLE GOLIATH)