Die trompoppiespanne van die Hoërskool Môrester (foto), Bridgton Sekondêr en Hoërskool De Rust het ná strawwe teenstand die afgelope drie dae almal deurgedring na die eindronde van die Presidentsliga van die SA Trompoppie-kampioenskap wat Dinsdag op die Oudts- hoorn Sportgronde plaasgevind het. Die span van Bridgton Senior Sekondêr was algeheel eerste en bekroon met die titel “Kampioen van Kampioene”. Die Hoër-skool Môrester was algeheel derde en De Rust algeheel vyfde. (Volledige berig op voorblad.) Die Elite-afdeling het gister af-geskop met spanne van die Hoërskool Oudtshoorn, die Laer-skool Van Reede en Sacred Heart Primêr wat in aksie gaan wees. Foto: Schalk le Roux