SWD-krieket het die Garden Route Badgers-spanne bekend gemaak vir die SA Jeugtoernooie wat in Desember plaasvind. ’n Hele aantal Oudtshoorn-spelers is verkies.
Jezay Champer (onderkaptein, Môrester), Shanté Williams (Aurial College), Zoë Agulis (Bridgton Sekondêr) en Alubalalo Nkukwana (Van Reede Hoërskool) is vir die o.16 dogterspan gekies wat van 8 tot 12 Desember in Johannesburg gaan deelneem.
Vir die o.16-seuns is Daylenn Williams (onderkaptein, Aurial College), Keaton Lambertjeen (Hoërskool Oudtshoorn) en Lastio Williams (Aurial College) gekies. Die span speel van 10 tot 14 Desember in Pretoria.
Kelsey Stuurman (kaptein, Bridgton Sekondêr), Emmy-Kay Samson (Oudtshoorn Vaardigheid- skool) en Caroldene Ewerts (Bridgton Sekondêr) gaan van 12 tot 16 Desember in die o.19-dogterspan in Durban speel.
Camron Avontuur (Langenhoven Gimnasium), Keano Coerecius (Bridgton Sekondêr) en Sherwin Plaatjies (Aurial College) is gekies vir die o.19- seunspan wat van 16 – 21 Desember in Kaapstad gaan deelneem.
Oudtshoorn spelers gekies vir SWD-krieket
Keaton Lambertjeen wat vir die o.16 seunspan gekies is. Foto: Verskaf