Oudtshoorn seuns wys hul vernuf op die tennisbaan

Fourie Delport (links) het onlangs die Cape Winelands Pro Kennex Grand Prix vir Seuns o.12 enkelskompetisie gewen wat in die Paarl vanaf 27 April – 1 Mei aangebied is. Hy het ook die dubbelspel saam met Nicol Human gewen.

Fourie is tans die vyfde gekeurde speler op die SA-ranglys vir seuns in sy ouderdomsgroep. Franco van Rensburg (regs) was die naaswenner in die seuns o.12 dubbelsspel saam met sy dubbelsmaat, Sam Ratcliffe. Foto verskaf