Oom Willa sluit loopbaan op ’n warm noot af

Die ongelooflike span van Langenhoven Gimnasium wat die terrein elke dag netjies en skoon hou met hulle nuwe baadjies. Foto verskaf

Oom Willa het sy loopbaan as opsigterhoof by Langenhoven Gimnasium op ’n hoogtepunt afgesluit deur te verseker dat sy span lekker warm bly terwyl hulle die skoolterrein en sportgronde, selfs op koue winteroggende, versorg.

Voor sy aftrede het hy die eienaars van Pick n Pay Family Supermarket Oudtshoorn en mede-Harley-entoesiaste, om hulp genader.

Hulle het sonder huiwering ingespring en agt warm baadjies aan die terreinspan geskenk.

Dié span werk daagliks agter die skerms, dikwels reeds vroegoggend, om te sorg dat die skool se terrein en sportgronde netjies en goed versorg bly.

Langenhoven Gimnasium het Pick n Pay bedank dat hulle dié hardwerkende personeel raaksien en bedef het met die lekker baadjies. (ANGELIQUE ERASMUS)