Die leiers van Sacred Heart Primêr het onlangs ’n Leierskap Werkswinkel bygewoon wat gemik was daarop om hulle presies in te lig oor wat ’n leier is, en hoe so ’n persoon moet optree. Die werkswinkel is op Saterdag 7 Maart by die Oudtshoorn Vaardigheidskool gehou. Hier, saam met die leerders, is hul opvoeders. Opvoeders, van links, is Daleen Tom, Adam Alkaster, Marlene Pieters, Isabella Gertze, Caroline Delport, Donnithe Ayford, koördineerder Lenie Julies, en programaanbieder Lisbeth Waarts.
Foto: Ebenezer Titus