Inhandiging van amnestie-vuurwapens

DIE Oudtshoorn Polisie sal na die inperkingstydperk oop wees vir die inhandiging van amnestie- vuuurwapens.

Enige persone wat vuurwapens wil kom inhandig en dit nie gedurende kantoorure kan doen nie, sal die geleentheid kry om dit gedurende sekere tye te doen, maar slegs per afspraak. Daar is ongelukkig heelwat dokumentasie wat voltooi moet word en die proses kan tot ’n uur neem om afgehandel te word. Daarom sal dit belangrik wees om ’n afspraak te maak.

Die polisiekantoor sal na die inperking tot 31 Mei elke Dinsdag en Donderdag van 16:00 tot 20:00 beskikbaar wees vir die ontvangs van vuurwapens.

Datums sal gekommunikeer word wanneer die kantoor ook op Saterdae oop sal wees.

Die Oudtshoorn Polisie het ’n beroep op mense gedoen om nie tot op die einde te wag om vuurwapens in te handig nie, omdat dit dan nie moontlik mag wees om almal te help nie.

Be the first to comment on "Inhandiging van amnestie-vuurwapens"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*