Langenhoven Gimnasium bedank borge
LANGENHOVEN Gimnasium het op Woensdag 12 November gaste onthaal by hul Lafenis Kafeteria, asook borge bedank vir hul ondersteuning aan die skool. Smaaklike soet en sout vingerhappies, is tydens die funksie bedien, tuisgemaak uit die kafeteria se kombuis. Carl Snyman het elkeen bedank vir hul bydrae, en sien ook uit daarna om saam met die skool se ondersteuners in 2026 te werk. Elke gas het ’n kaasbord met heerlike kaas ontvang om huis toe te neem.