Laerskool Wesbank se eerste meisietennisspan aangewys as streekswenners van Tennis Suid-Afrika se Rising Star Tennistoernooi

Die Laerskool Wesbank se eerste meisiestennisspan is aangewys as die streekswenners van Tennis Suid-Afrika se Rising Star Tennistoernooi. Die span gaan in Julie/Augustus vanjaar in Kaapstad aan die nasionale toernooi deelneem. Die seunspan het derde geëindig. Die span is van links Annabelle Smith, Lana Delport, afrigter Marina Cloete, Lara Rossouw en Elmé Spies.