Kunstenaars by Laurus staan uit

Juffrou Moné Janse van Rensburg (née Joubert, agter) van Laerskool Laurus op Oudts-hoorn het onlangs ’n kunskompetisie vir elke graad van die skool geloods, en die wenners het met merkwaardige kunswerke na vore gekom. Hier is die wenners van die verskillende ouderdomsgroepe/grade met hul kunswerke – kyk net hoe mooi! Van links is Bernardus Buys, Mieke Schoeman, Schiska Bender, Saydi Schroëder, Rozanne Fourie, Nerine van der Merwe, Nikita Stander, Rianca Alberts, Keshaan Blaauw, Zylandri van Zyl, Calvin Wagenaar en Johandré Kleyn. Levi Schroëder was afwesig met die neem van die foto. Die kompetisie is deur middel van stem-me op die skool se Facebook-blad gehou en wenners is bepaal deur die aantal “likes” wat hul kunswerke ontvang het.

Omdat die skool nie tans ’n vaste kunsklas vir leerders het nie wil hulle steeds deur middel van hierdie tipe kompetisies die leerders se kunstigheid aanmoedig. Skole wat soortgelyke geleenthede en/of kompetisies aanbied kan gerus Die Hoorn skakel. Foto: Stefan Skapie Goosen