Krieketkolf met Protea-handtekeninge vir Môrester-reünie

Morester Reunie
Die reëlingskomitee vir die reünie van Môrester se matrieks van 1977 wat van 11 tot 13 Augustus gehou word, het ’n krieketkolf met die handtekeninge van die Proteas van die SWD Krieketraad ontvang om uit te lood vir fondse vir die reünie. Matrikulante van daardie jaar wat nog nie van hulle laat hoor het nie, kan die hooforganiseerder, Franco Coerecius, by 073 924 2288 skakel. Hier met die kolf staan van links staan Dinah Coerecius, Martha Horne, Sandra Blaauw, Petronella Block, Charmaine Taute, Franco Coerecius, Allouise Herringer, Steven Malan en Roy Smith, adjunk-hoof van Môrester. Foto: Garnett Wicomb