Oudtshoorniet maak gebied by die NA Smit-swembad skoon

1 Skoonmaak 11 Skoonmaak 2
‘n Besorgde inwoner van Oudtshoorn het ‘n brief aan Die Hoorn gestuur waarin hy ’n mede-Oudtshoorniet, Esau Olckers, bedank wat die inisiatief geneem het om die gebied voor die NA Smit-swembad in Parkweg-Noord skoon te maak. “Baie dankie, mnr Olckers, dat jy bereid was om dit te doen. Ons vertrou ander sal ook inspring en bietjie skoonmaak in en om hul huise,” skryf die inwoner. Die foto’s wys hoe dit gelyk het voor Olckers begin skoonmaak het en daarna.