Laerskool Wesbank se Minidag het Saterdag (1 Augustus) jong rugby- en netbalspelers van verskeie skole na Oudtshoorn gelok vir ’n dag van sport, spanbou en goeie gees.
Nege skole het deelgeneem, naamlik Laerskool Laurus, Laerskool Van Reede, Laerskool Blanco, De Villiers Primêr, Laerskool Wesbank, George Voorbereiding, Laerskool (Hoërskool) McLachlan, Saturnus Primêr en Kiddo Kampus. Die program het voorsiening gemaak vir 77 netbalwedstryde en 70 rugbywedstryde – altesaam 147 wedstryde vir die dag.
Die wedstryde is op drie netbalbane en drie rugbyvelde gespeel. Die o. 7-, o. 8- en o. 9-spelers het van vroegoggend af die geleentheid gekry om hul vaardighede ten toon te stel.
Volgens Wesbank se skoolhoof, Sureka Wallace, het die dag nie net oor wen gegaan nie, maar ook oor deelname, goeie sportmangees, samehorigheid en die skep van besondere herinneringe.
Klein Karoo Saad was die trotse borg van die sportdag. (ANGELIQUE ERASMUS)





Be the first to comment on "Jong sporttalent skitter by Laerskool Wesbank Mini-dag"