Hy is hoogs tevrede met die uitslae van sy matrikulante van 2020 wat onder die moeilikste van moeilike omstandighede goed van hulself rekenskap gegee het, sê die hoof van Bridgton Senior Sekondêr op Oudtshoorn Kelly Ellis.
“Groot dank gaan ook aan die onderwysers wat met groot opoffering ekstra ure ingesit het om die leerder by te staan.”
Volgens Ellis het 160 van die 195 matrikulante wat die volle eksamen afgelê het, geslaag, 60 met universiteitsvrystelling, 57 met toegang tot ’n di- plomakursus en 39 vir die hoër onderwyssertifikaat.
Die skool spog met een A-kandidaat, Carl Jooste, wat met 86,9% geslaag het.
Aurial Kollege se slaagsyfer is 73,8% wat ’n verbetering toon van 5% teenoor 2019. Muschka Murphy is die skool se topmatrikulant met ’n slaagpersentasie van 69,8%.
Van die 116 matrikulante van die Hoërskool Môrester was 66 suksesvol met 26 wat universiteitsvrystellings verwerf het, 20 het geslaag met toegang tot ’n diplomakursus en 20 vir die hoër onderwyssertifikaat. (Deur Garnett Wicomb)
Hoof van BSS trots op 2020-klas
Vlnr: Ehan Botha - 77%, Jada Roman - 72,7 en Carl jooste - 86,9%