Hoërskool Protea blink uit

Foto verskaf

Die eerste rugbyspan van Hoërskool Protea het die naweek tydens ’n rugbytoernooi op Prince Albert by die jaarlikse Zwartberg Toernooi teen Zwartberg, Bredasdorp en Lainsburg kragte gemeet en as wenners met die gesogte beker weggeloop.

Hierdie is die tweede toernooi vanjaar waar hulle as wenners gekroon is. Tydens die Paasnaweek het hulle teen verskeie plaaslike Hoërskole wedstryde gespeel en hulle liga by die Impact Sport Event gewen.

Volgens Thesmine Hurling, onderwyser van Protea is hierdie seuns nie net uitblinkers op die rugbyveld nie, maar dat die oorwinnings hulle algehele voorkoms en dissipline drasties verbeter het. “Ons is trots op die hulle,” vertel sy.

Hulle pak die naweek vir Zwartberg om 15:00 by die REC. (ANGELIQUE ERASMUS)