Hoërskool Calitzdorp-matrieks spog met nuwe baadjies

Al 47 matrieks van die Hoërskool Calitzdorp spog met spesiale nuwe matriekbaadjies wat hulle gekry het as deel van ’n projek van die skoolhoof, Andrew Davids (regs), om ’n gevoel van eensgesindheid, geesdrif en dissipline onder die matrieks te bevorder. “Dit dra by tot hul selftrots en selfvertroue en om hul voor te berei vir die arbeidsmark,” het hy gesê. Volgens Davids was die Hoërskool Calitzdorp nooit gesluit tydens enige stadium van die die Covid-19-pandemie nie. “Ons het met ons lewens aangegaan ondanks die ongerief en ontwrigting van die pandemie. Ons is baie gedissiplineerd met die dra van gesigsmaskers, die handhawing van ’n gesonde afstand en het nog nie een Covid-19-geval by die skool gehad nie.” Let wel: Die matrieks het hul maskers afgehaal en naby mekaar gestaan vir die neem van die foto. Links op die foto tussen die leerders is dr Ian Smit, die graad 12’s se klasonderwyser. Op die foto regs onder in hoe die baadjie van agter lyk. Foto’s: Schalk le Roux