Graad R-leerders besoek diereskut

Hier is een die graad R-klasse saam met ’n paar van die honde by die diereskut. Vrywilligers by die skut het die leerders vertel hoe om na hul diere te kyk. Foto: Ilze-Mari Gründling

Hier is een die graad R-klasse saam met ’n paar van die honde by die diereskut. Vrywilligers by die skut het die leerders vertel hoe om na hul diere te kyk. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
LAERSKOOL BERGSIG se graad R-klas het verlede Vrydag (17 Maart) baie geleer by die Diereskut.

Een van hul onderwysers, Fredolene Pieterse, vertel dat temas gereeld gebruik word om die kinders meer te leer van die wêreld daarbuite. “Hierdie maand is ons tema ‘troeteldiere’. Ons wou graag gehad het die leerders moet leer hoe diere behandel word. Nou kan die kinders vir hul ouers sê waar om hul honde te dip en ontwurm.”

Die groep van 120 kinders, wat opgedeel is in vier klasse, is op ’n toer deur die skut geneem en het ook kans gekry om van die honde vas te hou.

Colleen Smith-Coetzee, vrywilliger by die die­reskut, is baie bly dat skole nou betrokke raak. “Dit is fantasties. Oudtshoorn Dogs in Need is baie in hul noppies, want dit dra soveel by tot die bewusmaking en opvoeding van kinders ten opsigte van diere.”

Pieterse het namens die skool ’n donasie aan die skut gemaak en die vrywilligers bedank vir hul goeie werk. “Baie dankie dat ons skool julle kon besoek. Die Here seën die wonderlike werk wat julle doen.”