Gimmies wen Glenwood House met 5 lopies

Langenhoven Gimnasium se o.19 A-krieketspan het verlede naweek teen Glenwood House te staan gekom. Gimmies het eerste gekolf en is vir 152 lopies uitgeboul.

Glenwood House is daarna uitgeboul vir 147.

Gimmies wen met 5 lopies.

Die beste kolwer was Matt Jansen met 23 lopies, terwyl Juvandré Alexzander as beste bouler gekies is met 20/4 in 10 boulbeurte. Foto: Facebook