Gimmies se redenaars presteer

Links: Luna Swart, Minette Greeff en  Jarika Kritzinger wat in die junior  afdeling deurgedring het na die semi-finaal. Regs:  Elandie du Toit, Amorisca Opperman en Marike Kritzinger was die naaswenners in die senior afde­ling.

Links:
Luna Swart, Minette Greeff en Jarika Kritzinger wat in die junior afdeling deurgedring het na die semi-finaal.
Regs:
Elandie du Toit, Amorisca Opperman en Marike Kritzinger was die naaswenners in die senior afdeling.

LANGENHOVEN GIMNASIUM se leerders het baie goed presteer in die PraatSaam-debatskompetisie wat op 1 Februarie by die Hoërskool Outeniqua op George gehou is.
19 senior en 12 junior spanne van die Gimmies, die Hoërskool Outeniqua, die Hoërskool Sentraal en George High het teen mekaar meegeding.
Een van die Gimmies se senior spanne (Marike Kritzinger, Amorisca Opperman en Elandie du Toit) het deurgedring na die finale ronde en as naaswenners uit die stryd getree.
Nog twee van die senior spanne het goed presteer en onderskeidelik vyfde (Gert Nel, Heinrich Stover en Christoff van der Bergh) en sesde (Kesia Orfer, Dané Botha en Helette du Plessis) geëindig.
Al die lede van Gimmies se twee ju­nior spanne het tydens die kompetisie die eerste keer aan ’n debat deelgeneem. Minette Greeff, Jarika Kritzinger en Luna Swart het almal verbaas deur as groentjies tot die semi-finaal te vorder. Die graad 8-span (Marizanne Venter, Emma Smith en Monique Fourie) het voorts in twee van hul drie debatte as wenners uit die stryd getree.