Gimmie-leerder gekies vir SA skolespan

Tameré Stewart. Foto: Verskaf

Die 14-jarige Tameré Stewart van Langenhoven Gimnasium, is na die afgelope naweek se interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria gekies vir die SA skole o.15 meisiestennisspan.

Sy het tydens die toernooi in Pretoria al haar wedstryde gewen.

Gimmies spog nou met twee spelers wat vir die SA-skolespanne gekies is nadat Fourie Delport ook verlede jaar gekies is vir die SA skole o.13-tennisspan.

Beide Stewart en Delport word deur Pieter van der Walt afgerig.