Die Eljada Kairos Skool se drie deelnemers aan die nasionale kampioenskap vir fisiek gestremdes, Tamra Bezuidenhout (agter, tweede van links),Vernon van Niekerk (voor) en Ilzine Hufke (regs) by Naazeen Jamodien (links) en Cindy Peters (albei fisioterapeute en afrigters). Foto: Christine Schoeman

Bradley Manewill (16) van die Eljada Kairos Skool op Oudtshoorn het as lid van ’n Wes-Kaapse krieketspan uitgeblink by die Sassa II Summer Games vir fisiek gestremdes wat van 15 tot 21 Maart in Kimberley plaasgevind het. Hy is aangewys as speler van die toernooi en kolwer van die toernooi. By hom is sy afrigter, Douw Wessels. Foto: Christine Schoeman
DRIE leerders van die Eljada Kairos Skool op Oudtshoorn het presteer by die nasionale kampioenskap vir fisiek gestremdes van 15 tot 21 Maart in Stellenbosch.
Tamra Bezuidenhout (16) het goud gewen in gewigstoot en silwer in die diskus, terwyl Vernon van Niekerk (18) goud gewen het in die rolbaltoernooi vir gestremdes.
Dit was die derde jaar wat dié skool aan die kampioenskap deelgeneem het.