Lloyd Bosman (links), David Mckinnon (middel) en Francois Maquassa. Foto: Garnett Wicomb
Deur Garnett Wicomb
Lloyd Bosman en Francois Maquassa, albei van die Nedbank SWD Atletiekklub, was Saterdag die onderskeie wenners van die 2019 KKI halfmarathon en die 10 km-wedloop by die Volstruiswedlope wat deur die Oudthoorn Amateur Atletiekklub aangebied is.
Bosman het die halfmarathon met ’n tyd van 1 uur 10 minute gewen met John April (1:10:56) kort op sy hakke en Gershwill Jacobs (1:13:11) in die derde plek.
Booi Salman was met ’n tyd van 1:19:46 die eerste veteraan en algeheel sesde.
Anel van Wyk (Nedbank SWD Atletiekklub) was die vrouewenner met ’n tyd van 1:32:48.
Maquassa het die 10 km-wedloop in ’n blitstyd van 32 minute 54 sekondes gewen met Anderson Ncube, ook van die Nedbank SWD Atletiekklub, tweede in ’n tyd van 33:02 en Sibonele Human van die Knysna Marathon Atletiekklub derde in 34:30.
Sarah Viljoen van Hartenbos Drawwers was die vrouewenner in ’n tyd van 45:08 terwyl Deon Sederstroom die eerste stapper by die eindpunt was in ’n tyd van 1:25:23.
Annemarie le Roux (Nedbank SWD Atletiekklub) was met ’n tyd van 50:59 die vroue-meesterwenner.
Die halfmarathon het 83 atlete gelok en die 10 km-wedloop altesaam 131.