Al Eden se sportfederasies en die publiek word genooi om top-sportpresteerders, afrigters en administrateurs te benoem vir die Eden Sporttoekennings wat vanjaar op Donderdagaand, 27 Julie, oorhandig gaan word.
Sportprestasies tussen 1 Oktober 2016 en 24 Junie 2017 kom in aanmerking vir die toekennings.
Die Eden Sportraad en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport bied die toekenningsonthaal aan.
Benoemingsvorms kan by Dave van der Walt bekom word by sportcouncil.eden@gmail.com. Navrae kan ook aan hom gerig word.