
Hierdie twee leerders van Langenhoven Gimnasium het pas verneem dat hulle die toptien-vaklyste van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) gehaal het!
Charlotte Wagener (links) was derde in die provinsie in siviele tegnologie en Inge Johnston (middel) vierde in ontwerp.