Die eerste dag van skool

Opwinding, glimlaggies, angstige oom-blikke, trane en selfs hier en daar een wat aan hul ouer se bene vasklou. Dit was Dinsdag die tonele by skole toe graad 1’s vir die eerste keer skool toe gaan.

Lang skoolrokke, blink gepoetste skoolskoene en tasse wat amper groter as die kindertjies is, was aan die orde van die dag.

By Laerskool Wesbank het elke graad 1 volgens tradisie die groot klok gelui, en daarna saam met hul ouers vir ’n foto reggestaan.

Laerskool Laurus se onderwysers het elke nuwe kind en hulle ouers vriendelik ontvang, en hul nuwe klas en sitplek gaan wys.

Die Hoorn het by verskeie laerskole gaan kuier om hul eerste skooldag vas te vang.