Agtien leerders van Laeskool Wesbank gekies vir Edentennisspan

Agttien leerders van die Laerskool Wesbank is vir die Edentennisspan gekies wat van 8 tot 10 November op Ceres en Morreesburg aan ’n interdistrikte toernooi deelneem. Die spelers is van links voor Ruben Pienaar, Jodi Potgieter, Nika Potgieter, Liané Janse van Vuuren, Anke Lamprecht en Megan van Rooy, middel HW de Waal, Franco Pienaar, Pieter Barnard, Roux Delport, Nicolize Keller, Lana Delport en Lara Rossouw en agter Jaco Lamprecht, Xander Pienaar, Francis Beukes, Anandie de Waal en Elmé Spies (Foto verskaf.)