2de Plek vir Oudtshoorn Vaardigheidskool

Personeel en leerders van Oudtshoorn Vaardigheidskool wat saam vir die groentetuine verantwoordelik was het tweede prys in die Nasionale Skooltuinkompetisie in die Volhoubare Voedselproduksie-kategorie gewen. Foto: Lindi Brill

Die Oudtshoorn Vaardigheidskool spog met ’n tweede plek in die Nasionale Skooltuinkompetisie vir 2023.

Lindelwa Sopotela, Direkteur van die Nasionale Skoolvoedings Program van die Wes-Kaap, het op Woensdag, 21 Februarie, die prys vir die tweede plek aan Mnr Blok, skoolhoof van Oudtshoorn Vaardigheidskool, tydens ’n saalbyeenkoms oorhandig.

Die skool het aan die Volhoubare Voedselproduksie-kategorie deelgeneem en het R10 000 prysgeld losgeslaan. (Deur Lindi Brill)