
Drie atlete van Langenhoven Gimnasium, Mynhardt Conjé (links), Bianca la Grange (middel) en Jené Snyman, is gekies vir die Wes-Kaapse atletiekspan wat van gister af in Durban aan die SA Skoleatletiekkampioenskap deelneem. Mynhardt het by die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms met ’n gooi van 53,57 m goud in die diskus s o.17 behaal en Bianca silwer in die 400 m o.19. Jené het in spiesgooi met haar afstand gekwalifiseer vir die SA’s, wat Saterdag (1 April) ten einde loop.