Warm Gasvryheid tydens Oudtshoorn Besigheidskamer se Netwerkaand
Die OBK (Oudtshoorn Besigheidskamer), het te midde van ’n yskoue Donderdagaand (25 Julie 2024) ’n gesellige netwerkaand, aangebied deur HB Prokureurs, gehou. Heerlike sop en tuisgemaakte brood is bedien, en twee nuwe lede het aangesluit. Hul is Stefan Viljoen van Manzi Water, en Deon Barnard van Drs. Barnard en Vennote. Van links staan Abri Ferreira (Voorsitter OBK), Deon Barnard (Drs. Barnard & Vennote), Stefan Viljoen (Manzi Water) en Jacobus Maloney (OBK). Foto: Angelique Erasmus