’n Perd van ’n ander kleur – doen bietjie “window shopping”

Hierdie perd, en twee van sy maats, het Maandagoggend Oudtshoorn se verkeer vir ’n wyle tot stilstand gebring, toe hulle op die hoek van Baron van Reede- en Kerkstraat opgemerk is. Dit blyk hulle het soos Houdini, hul kampie in Bloemstraat ontsnap, en ri-vier langs geloop, tot in Kerkstraat. Hul is daar deur drie Oudtshoor-niete, onder andere Die Hoorn se joernalis Lindi Brill, gevang en veilig teruggeneem na hulle tuiste. Hier kyk een van hulle in die venster van ’n winkel op die kruising. Foto verskaf