SEEFF Oudtshoorn het ’n projek geloods om toiletware vir die bejaardes van Helen Bellinghanhof in te samel en vra inwoners om hulle te help.
Navorsing toon dat daar ’n groot behoefte vir toiletware by die bejaardes van Helen Bellinganhof op Oudtshoorn is, lui ’n persverklaring van Seeff.
“Dit lyk vir baie mense na ’n basiese behoefte waaroor hulle hul nie regtig hoef te bekommer nie, maar vir die bejaardes is dit ’n groot probleem.”
Seeff Oudtshoorn het besluit om sy jaarlikse winterprojek te gebruik om hierdie behoefte aan te spreek.
“Ons doen ’n beroep op iedereen om wanneer jy toiletware koop dalk ietsie ekstra te koop en dit te kom afgee by ons kantore. Seeff sal elke skenking verdubbel. Ons hoop om ’n minimum van 100 hampers saam te stel met tandepasta, room, seep, poeier en tissues.”
Bydraes kan geplaas word in ’n houer in Seeff se nuwe kantore in Baron van Reedestraat 117. Skakel 044 272 02 13 as jy verkies dat dit opgelaai moet word.
“Saam kan ons die bejaardes help!”