
Stefaan Verlinde ontvang ’n deel van sy MBA-graad. By hom is Ronel Bornman (regs, hoof Seeff Traning Academy) en ’n verteenwoordiger van die Stellenbosch Besigheidskool.
Gedurende Seeff se Nasionale Konvensie verlede week is die Seeff-tak in Oudtshoorn aangewys as een van die drie top-bemarkers in die land.
Dit volg nadat Seeff Oudtshoorn plaaslik, nasionaal en internasionaal uitgestaan het met sy bemarking van die Seeff-groep asook die kwaliteit van eiendomme op hul boeke.
Die tak se bemarkingsplan die afgelope drie jaar het resultate gelewer, wat Seeff Oudtshoorn die grootste eien-domskantoor in die dorp maak met die meeste suksesvolle verkope die afgelope jaar.
Stefaan Verlinde van Seeff Oudtshoorn sê die feit dat hy slegs met top-agente werk, die spanwerk in die kantoor en die weeklikse opleiding in bemarking en wetgewing rondom die koop en verkoop van eiendomme lewer ’n groot bydrae tot die sukses.
Verlinde het gedurende dieselfde konvensie ’n graad ontvang van die die Universiteit van Stellenbosch se Besigheid skool as deel van sy MBA waarmee hy tans besig is.
Kontak gerus die Seeff-span in hulle nuwe kantore te Baron van Reedestraat 117 vir enige navrae rondom koop, verkoop en verhuur van eiendom. (Promosie)