SMS’e van lesers

Ons bly nou meer as 12 jaar in Oudtshoorn. Was opvallend hoe min huise reënwatertenks het in ’n dorp met ’n droë klimaat. Ons het in die eerste jaar vier tenks opgesit. Met die vuil water kon ons daarvan gebruik. Andersins is twee se oorloop in die swembad en die ander twee vir tuin- en huisgebruik. En die wat so kla! Ons straat het seker vier jaar laas ’n straatveër gesien. Elkeen sorg vir sy eie sypaadjie. Bella
*****

Kan die Dekker-kommissie se verslag se stof nie afgestof word nie? Die kommissie het verdoemende bevindings gemaak oor korrupsie binne die Kannaland Munisipaliteit.
*****

Ene RH Keene moet asseblief Klaarstroom toe verhuis. Hoop nie die trokgeraas sal daar pla nie. Sterkte.
*****

Deel van die ongelukprobleem in Oudtshoorn is stoptekens wat weg is en die geverf op straat wat nie gesien kan word nie. Ook straatname is afwesig. Hoe baie kan dit nou kos om te herstel? Marie
*****

Gordon April sit in die tronk oor sand. Wat van die korrupsie in Kannaland?
*****

Wil net vir FTK…EC met Honda vra: Ken jy nie jou padreëls nie?
*****

Ek het iewers ’n berig gelees oor die munisipale politieke amptenare wat ’n verhoging te wagte is in salarisse; kan hul nie liewer daardie buitensporige bedrae iewers aanwend om die agterstande in te haal nie, sjoe! Dis bietjie vroeg nadat die nuwe raad oorgeneem het vir verhogings. Verf liewer die stoptekens en spoedwalle, want mens kan dit in meeste gevalle nie eers raaksien nie…
*****

U klagtes oor ’n wyk klink polities van aard. Die gate lê vir jare oop, hoekom jare later aanmeld? Die toeristekamp se riete is onlangs kort gekap met die bossiekapper. Kom help liewer met die op­voedingstaak wat op my en u rus, deur vir mense te leer om nie enige plek vullis te stort nie. Vullis kom van huishoudings af; dit is nie raadslede of munisipale werkers wat die storting in ons woonbuurte doen nie. Ons moet besit neem van ons woonbuurte, en die belangrikste opleiding is die betaling van dienste, sodat die dienste wat die inwoners moet kry, gelewer kan word. Los die politiek vir 2021.
*****

Ek was skoon stomgeslaan toe ek verlede week die brief van die munisipaliteit se oud-speaker en -raads­lid sien. Daar was nog elke jaar verkeers­opeenhopings en snaaks genoeg was die verkeer glad nie ’n nagmerrie vanjaar nie. Hoekom dit nooit in die verlede raakgesien is nie?
*****

Darem ’n skande hoe die ongevalle en buite­pasiënte se wagkamers in die Oudtshoorn Hospitaal lyk – vuil en morsig. Wie is die persoon wat toesig moet hou? Seker op vakansie. Tula Meyer