
Soos die son oor die Volmoed sak, het die Oudtshoorn Besigheidkamer se Gala-aand afgeskop.
Die swierige funksie is by Makietie, net buite Volmoed op Donderdag 20 November gehou. Dit was ’n hoogtepunt vir meer as 170 gaste, om die jaar mee af te sluit.
Die motiveringspreker, Left Sleeve, het gaste vermaak met sy vlymskerp rym vernuf, en ook geïnspireer deur sy lewensverhaal te deel en boodskap van aanhou en uithou.
Nog eregaste wat die aan bygewoon het, was Dr Willie Cilliers, voorsitter van die AHI (Afrikaanse Handelsinstituut), Oudtshoorn se uitvoerende Burgemeester, Johan Allers asook Arrie Jordaan van Nedbank, die hoofborg vir die aand. Nedbank borg al vir 10 jaar die geleentheid. (ANGELIQUE ERASMUS)
