Oudtshoorn Besigheidskamer hou Algemene Jaarvergadering

Van links na regs is Hennie Davel (OBK bestuurslid), Donna-Lida van den Berg (OBK bestuurslid), Jolette van der Bergh (OBK bestuurslid), Jacobus Maloney (OBK bestuurslid), Abri Ferreira (OBK bestuurslid), Amelia Lubbe (OBK bestuurslid), Lourens Swanepoel (OBK be- stuurslid), links voor, Lizané Basson (Algemene bestuurder, Kunste Onbeperk), JC Aucamp (Bemarkingsbestuurder, Kunste Onbeperk) Awesig: Suné Rupping en Heléne Badenhorst (OBK bestuurslede). Foto: Angelique Erasmus

Die Oudtshoorn Besigheidskamer (OBK) het Dinsdagaand Algemene Jaarvergadering en eerste funksie vir die jaar by die Ostrich Emporium gehad.

Kunste Onbeperk was die gasheer en borg vir die aand.

Die nuwe bestuur is ook tydens die vergadering gekies en aan lede voorgestel. Die OBK bestuurslede sal eersdaags vergader om ’n voorsitter en ondervoorsitter te verkies.

Abrie Ferreira het sy bestuur en lede bedank vir hul ondersteuning in 2023 en al die projekte wat die OBK aangepak het.

Lizané Basson, Algemene bestuurder van Kunste Onbeperk het uitgebrei oor vanjaar se KKNK wat vanaf 23 – 31 Maart op Oudtshoorn plaasvind.

“Vanjaar is skrikkeljaar, en daarom gaan ons op 29 Februarie ’n spesiale koop een kry een promosie aanbied,” het Basson vertel.

Hul het in 2023 sowat R61 miljoen aan mediabloostelling spandeer op -verskeie radio, televisie, plaaslike en nasionale koerante om Oudtshoorn te bemark.

Alhoewel Kunste Onbeperk ’n nie-winsgewende maatskappy is, is dit steeds belangrik dat die fees suksevol moet wees omdat die fees ’n platvorm skep vir plaaslike en nuwe talent, asook werk vir inwoners en ook ’n groot ekonomiese inpak vir Oudtshoorn het.

Daar is meer as 200 plaaslike persone aangestel in 2023 om by die fees te werk.
Na afloop van verrigtinge is daar heerlik saamgekuier. (Deur Angelique Erasmus)