So vergelyk die waardasies

Die munisipale waardasies is op almal se lippe. Ek het ’n vergelyking gedoen waar die 2016 waardasies vergelyk word met die voorlopige waardasies van 2024.

Die hoeveelheid eiendomme in die vergelyking is nie verteenwoordigend van die volle prentjie nie en afleidings moet nie blindelings gemaak word nie.

Die eiendomme is lukraak gekies en daar is nie probeer om net die groot afwykings uit te lig nie.

Daar is soveel faktore wat kon aanleiding gee tot die groot stygings:

  • ’n Huis was dalk nog in aanbou met die vorige waardasie en is nou voltooi
  • Daar is verbeterings/aanbouings gedoen
  • Die gemiddelde verkooppryse vir die area het gestyg
  • Die sonering van ’n eiendom het verander

Indien u voel dat u nuwe waardasie te hoog is, staan dit u vry om beswaar te maak voor 1 April 2024. Die beswaarvorms is by die munisipale kantore en op die munisipale webwerf beskikbaar.

(Deur Heinrich Bosman)