Nuwe lede by Besigheidskamer verwelkom

Die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse netwerkaand verlede Donderdag (27 Mei) was ’n gesellige bymekaarkoms van gevestigde en nuwe besighede op die dorp. Vyf nuwe lede het by die kamer aangesluit, met Dryland Events wat die gasheer van die aand was by hul nuwe kantoorspasie in Cowleylaan. Die nuwe lede by verteenwoordigers van die Be­sig­heids­kamer is van links Stephan Cornelissen (ondervoorsitter van die Besig­heids­kamer), Hannes Stegmann en Andrie Wiese (bestuurder en hoofsuster by die Mediclinic Klein Karoo), Jaco Vorster (voorsitter van die Besigheidskamer), Marnus Fouche en Anru de Wet (verkoopsbestuurder en handelaarshoof van Klein Karoo Toyota), Jabez Smith (Cartridge Depot) en Amanda Orffer (oudioloog). Volgens Vorster is een van die belangrike inisiatiewe waarby die Besigheidskamer tans betrokke is, die vermeerdering van sekuriteitskameras wat voertuie in en om die dorp vir veiligheid moniteer, van twee kameras na vyf. Foto: Stefan Skapie Goosen