Nel terug by Ford

Pieter Nel, wat terug is by Oudtshoorn Ford as  handelaarshoof.

Pieter Nel, wat terug is by Oudtshoorn Ford as handelaarshoof.

PIETER NEL, wat van Februarie 2015 tot Augustus 2016 handelaarshoof was nadat dit deur nuwe eienaars oorgeneem is, is van Februarie vanjaar weer terug by Oudtshoorn Ford as handelaarshoof.
Nel, wat intussen by die Mercedes-Benz-handelaarskap op George gewerk het, sê dit is lekker om weer terug op Oudtshoorn te wees.

As geesdriftige gholfspeler is hy reeds weer gereeld op die Oudtshoorn Gholfbaan. Oudtshoorn Ford is ook as borg by die gholfklub betrokke.

Nel, ’n oud SWD-rugbyspeler, het op sy jong dag vir die Oudtshoorn Rugbyklub gespeel en het later by die klub afgerig.