Lekker, heilsame brood!

Jaco Vorster (links) en Johan van Heeden met Camp Bakery se premium brode wat met Eureka-meel gebak is. Hulle verkoop Eureka-meel (agter) by Oudtshoorn Wes-Handelshuis.

Jaco Vorster (links) en Johan van Heeden met Camp Bakery se premium brode wat met Eureka-meel gebak is. Hulle verkoop Eureka-meel (agter) by Oudtshoorn Wes-Handelshuis.

AL Camp Bakery op Oudtshoorn se brood word deesdae met Eureka Meule se steengemaalde meel gebak, wat die brood nie net lekkerder maak nie, maar besliste gesondheidsvoordele inhou.

Die besluit om dié meel te gebruik, is in ooreenstemming met die eienaars, Jaco Vorster en Johan van Heerden, se strewe om op lewensvatbare wyse die beste produkte teen mededingende pryse te lewer.
Volgens Vorster is Camp Bakery die eerste bakkery wat kommersieel vir die algemene publiek met Eureka se steengemaalde meel bak.

Ondanks die feit dat Eureka se meel duurder as kommersiële koringmeel is, bied Camp Bakery egter steeds hul brode teen dieselfde prys aan as toe hulle nog met kommersiële meel gebak het.

Camp Bakery se premium 700 gram-witbrood en premium 700 gram-bruinbrood word albei teen die uiters billike prys van R9,00 per brood verkoop. Hul 500 gram-brode kos R7,50.

Volgens Vorster hou Eureka se meel, wat op Heidelberg op natuurlike en tradisionele wyse tussen twee groot klippe gemaal word, besliste ge-sondheidsvoordele in deurdat dit nie met chemiese middels gebleik word om dit spierwit te maak nie.

Eureka-meel is tot dusver hoofsaaklik gebruik om spesialiteits- en “artisan”-brode te bak, sê hy.
Die volledige reeks meel van Eureka is by Wes-Handelshuis te koop. Die reeks sluit in: heelko­ringmeel; witbroodmeel; bruinbroodmeel; koek- meel; en suiwer rogmeel.

“Met mense wat toenemend gesondheidsbewus raak, is dit opvallend dat kliënte in supermarkte kyk na watter bestanddele in ’n produk is voordat hulle dit in hul trollie pak. Dit is egter vir ietwat vreemd dat mense selde kyk na die bestanddele van brood voordat hulle dit koop, sê Vorster.

Hy sê hy het ’n kliënt wat nie meer brood geëet het nie omdat dit hom ongemaklik laat voel het. “Ek het toe vir hom aanbeveel om een van ons steenmeelbrode te probeer. Volgens hom het dié brood hom glad nie laat sleg voel nie, en eet hy nou weer brood,” vertel Vorster.

Hy sê dit is ’n voorreg om met Eureka se brood te kan bak, en bedank Nico Steyn, eienaar van die meule, vir sy goeie diens en hoë gehalte produk.