“Ek geniet dit om mense te help, veral bejaarde mense wat soms sukkel met swaar pakkies, of wat net oor die pad moet kom,” sê Brendon Oktober (37) wat aangewys is as Desember/ Januarie se Karwag van die Maand. Brendon werk in Hoogstraat in die omgewing van FNB en Woolworths. Dié maandelikse beloning van Oudtshoorn se amptelike karwagte is deel van ’n inisiatief van die Besigheidskamer, polisie en munisipaliteitpaliteit.