Monique Barnard, die nuwe skoonheidsdeskundige by Rosenhof Boutique Hotel.
BLISS SPA by die Rosenhof Boutique Hotel op Oudtshoorn het onlangs ’n nuwe skoonheidsdeskun- dige, Monique Barnard, verwelkom.
Monique, ’n boorling van Namibië, het aan die Hoërskool Oudtshoorn gematrikuleer.
Sy het na skool die Cidesco- en Itec-diplomas aan die Internasionale Akademie van Gesondheid en Skoonheid in Kaapstad verwerf, asook ’n verdere kwalifikasie by die Camelot Akademie in Kaapstad waartydens sy in verskillende masseringstegnieke gespesialiseer het.
Na haar studie het Monique as skoonheidsdeskundige in Kaapstad gewerk.
Sy het egter gesmag na die rustigheid van die platteland en het in Februarie vanjaar teruggekeer na Oudtshoorn.
“Om met verskillende mense te werk, is die lekkerste deel van my werk,” sê sy.
Sportbesering-massering is haar gunsteling – die herbelyning van spierweefsel sodat die spiere beter kan funksioneer en meer suurstof en voedingstowwe tussen die spiere vrystel.
“Dit is waar ek lekker kan inklim en kyk wat tussen die spierweefsel aangaan!”
Monique het ook Bellabaci se reeks “cupping”-produkte na Bliss Spa gebring.
Die tegniek gebruik ’n silikoonkoppie om deur middel van druk-suigmassering stres te verlig, plooie en selluliet te verminder, bloedsirkulasie onder die vel te verbeter en selfs spysverteringsprobleme soos opgeblasenheid te vermider.
Bliss Spa is verskaffers van Dermalogica, TheraNaka en Bellabaci.