Besigheidsliga kom in Oktober

DIE Oudtshoorn Rolbalklub hou weer in Oktober ’n sakeliga. Belangstellendes moet vinnig spring om deelname te verseker.
Die liga sal oor ses weke gespeel word, op Dinsdae en Donderdae. Slegs 12 spanne sal per aand kan speel.

Vir verdere besonderhede en navrae, kontak gerus vir Jan van Niekerk by 083 731 6869.