Oudtshoorn se Besigheidskamer is aangewys as die naaswenner van die AHI (Afrikaanse Handelsinstituut) se 2023 Besigheidskamer van die Jaar-kompetisie, op 8 November 2023 in Durbanville, Kaapstad.
Dis beslis ’n prestasie om op trots te wees.
Tygerberg Sakekamer is as die wenners aangewys en George se besigheidkamer het die derde plek geneem nadat hul twee jaar agtereenvolgend gewen het.
Abri Ferreira, voorsitter van Oudtshoorn se besigheidkamer het aan Die Hoorn gesê dat hy baie trots is op hierdie prestasie. “Baie dankie aan elkeen wat gestem het, en ook aan die AHI vir hierdie fantastiese inisiatief,”
Ferreira het ook sy bestuur bedank vir hulle ondersteuning en gesê dat sonder hulle dit beslis nie moontlik sou gewees het nie.
2de Plek vir Oudtshoorn Besigheidskamer
