Lesers van Die Hoorn raak vandeesweek in ons brieweblad verskeie aangeleenthede aan. Lees gerus, dink na en debatteer saam deur te reageer.
Drie van die kwessies, elkeen belangrik vir die toekoms van Oudtshoorn, waaroor geskryf word, is:
David Piedt skryf oor die rommelstrooiery en vernietiging op Oudtshoorn deur die dorp se eie inwoners, en vra onder meer vir perspektiewe en insette van inwoners daaroor.
William Gould skryf (onder meer) oor die ongeduld van sommige inwoners met mense wat in ellendige omstandighede woon en vir hulleself ’n lewe probeer maak deur vullis te versamel en te sorteer.
En derdens is daar die wekroepe van twee inwoners wat skryf dat die Groter Oudtshoorn se jaarlikse tariefverhogings so ’n dramatiese uitwer-king op die dorp se talle bejaardes het dat dit die dorp toenemend onbekostigbaar as woonplek vir baie maak.
Die menings van die inwoners van die Klein Karoo is belangrik.
Praat gerus saam.