Ek het dit al baie gehoor as pastoor – “Ek voel dood binne! Ek is ’n kind van God, maar ek voel net asof daar geen “lewe” binne my is nie.”
Die uitdagings en onsekerhede van die lewe maak dat baie christene hierdie stelling opper, want dit is die realiteit. Dit voel asof hulle “geestelik dood” is.
So, wat doen jy as jy van binne dood voel? Wat sê jy vir jou geliefdes wanneer hulle so voel? Ek het gevind dat mense wat oor die volgende vrae besin en dit toepas, getuig dat hulle weer opnuut verkwik en “lewendig” aan die binnekant voel. Die manier waarop jy hierdie vrae beantwoord, sal bepaal watter stappe jy moet neem om van hierdie gevoel ontslae te raak.
- Hoe Lewensgewend is jou stiltetyd?
Elke Christen gaan deur seisoene waar hul toegewyde lewe vol energie is en seisoene waar dit ’n bietjie droog is. In ‘n droë seisoen maak jy af en toe die Bybel oop of bid nou en dan, maar dit voel of niks gebeur nie. Jy stap nie weg met ‘n nederige selfvertroue terwyl jy jou probleemgevulde dag in die gesig staar nie. Ongelukkig voel jy net soos voorheen – moeg. Wanneer jy afbreek doen aan tyd met God, is uitbranding gewoonlik nie ver nie. Maak seker dat jy genoegsame tyd saam met die Here spandeer. - Hoe gereeld vra jy God vir hulp?
Elke Christen weet dat hulle moet bid, maar die meeste doen dit nie. Namate hulle meer en meer moedeloos voel, vra hulle selde vir God om hulp. As jy nie vir hulp van God vra nie, het jy nie toegang tot al die hulpbronne wat tot jou beskikking is nie. As jy nie toegang tot die goddelike hulpbronne tot jou beskikking het nie, dan soek jy goddelike hulp van mense en plekke wat nie in staat is om dit te voorsien nie. Bid sonder ophou! - Hoe bestuur jy jou tyd en energie?
Alles wat jy doen verg energie en tyd, maar sommige dinge neem meer energie of tyd as wat hulle behoort te doen. Maak seker dat jy jou tyd so beplan en net genoeg energie aan die dag lê sodat jy waar moontlik kan klaarmaak met dit wat moet klaar kom. Moenie bly uitstel nie, maar skep vir jouself ’n gebalanseerde tydsraamwerk met ’n beplande afhandelingsdatum en kry ook genoeg rus. - Hoe bekommerd is jy?
Een van die beste maniere om jou siel moeg te maak, is om bekommerd te wees. Alhoewel bekommernis kan aandui dat jy omgee, kan dit ook bewys wees dat jy God nie vertrou nie. Om bekommerd te wees, moet jy glo dat Hy weet wat die beste is. Bekommernis gebeur wanneer mense probeer om soos goddelike wesens op te tree sonder goddelike vermoëns. Jy dink jy weet wat “moet” gebeur in hierdie gesprek, op daardie projek, met hierdie probleem, en al die res – maar jy het nie die vermoë om dit te laat gebeur nie. Hoe langer jy in jou “Ek weet wat nou en in die toekoms die beste vir my is” genoeg glo om bekommerd te wees, hoe meer sal jy die moontlikheid van uitbranding verhoog. - Hoe hoog is jou verwagtinge vir die mense en dinge in jou lewe?
Hoe hoër jou verwagtinge is vir die mense en dinge in jou lewe, hoe groter is jou potensiaal vir teleurstelling. Teleurstelling kom dikwels bloot van onvervulde onrealistiese verwagtinge wat aan mense en situasies gestel word. Pasop om goddelike verwagtinge aan mense en projekte te stel, anders sal jy jouself uitbrand terwyl jy ander blameer. - Waar soek jy jou toevlug?
Wanneer die wêreld oorweldigend lyk, sal jy iewers skuiling soek. Hierdie plekke is nie net fisies nie. Dit is ook plekke waar jy jou hart en siel neem vir verligting en rus. Sommiges sal ongelukkig skuiling in ’n selfoonskerm soek, ander in dwelms, alkohol, of dalk in een of ander roetine. Wat ook al die toevlug is – en daar is nog baie meer – dit is belangrik om te besef dat daar geen lewe in hulle is nie. Hoe meer jy ’n lewegewende toevlug soek in die plekke en mense wat dit nie kan verskaf nie, hoe nader sal jy aan uitbranding kom. - Hoe gebruik jy jou woorde?
Jou woorde is ’n goeie aanduiding in watter toestand jou hart is. As jy mense konsekwent kritiseer, is jou hart waarskynlik op ’n slegte plek en sal jy op ‘n slegte plek bly. Natuurlik leef ons in ‘n gebroke wêreld met gebroke mense. Dit is maklik om sinies en negatief te wees. Dit kom natuurlik. Kies eerder om te bemoedig en deur jou woorde lewe te spreek in elke situasie.
Hoe gebruik jy jou woorde?
Jou woorde is ’n goeie aanduiding in watter toestand jou hart is. As jy mense konsekwent kritiseer, is jou hart waarskynlik op ’n slegte plek en sal jy op ‘n slegte plek bly. Natuurlik leef ons in ‘n gebroke wêreld met gebroke mense. Dit is maklik om sinies en negatief te wees. Dit kom natuurlik. Kies eerder om te bemoedig en deur jou woorde lewe te spreek in elke situasie. - Hoe kyk jy na jou ligaam?
Jou liggaam is wonderlik geskape! Dit is egter baie belangrik dat jy na jou liggaam sal kyk en dit sal onderhou met goeie oefening, gesonde eetgewoontes, genoeg slaap en geen misbruik van dinge soos drank of rook nie. Mense wat nie na hulle liggame omsien nie, voel beslis ook geestelik afgemat en sielsmoeg. - Gaan asb. kerk toe.
Kerk toe gaan is nie outyds nie. Dit is ook nie irrelevant en onnodig nie. Baie christene is gekant om met God se mense bymekaar te kom vir aanbidding asof dit nie deur God ontwerp is om ’n unieke deel van hulle geestelike groei te wees nie. Jy mis iets baie spesiaal en is jy eintlik maar ongehoorsaam. Daar is net iets wonderlik wat gebeur wanneer God se mense bymekaarkom om die naam van Christus te verhef. Ek dink nie dit is toevallig dat terwyl aanbiddingsbywoning af is, uitbranding en moegheid toeneem nie. Natuurlik, is daar al hierdie ander faktore ook, maar dit is Bybels naïef om te redeneer dat dit nie ’n sleutelfaktor is nie. Indien jy kerk afskeep, sal jy beslis ervaar dat jy geestelik “dood” voel. Dit is noodsaaklik en daar is geen debat rondom dit nodig nie. Wees deel van iets groter as jouself! (Deur Pastoor Francois Mattheüs)
Testimony of the week
Blessed by a Blessing…..
A while ago I frequented a local shop, In my house I have three busy boys, one a teenager and two on the verge of becoming teenagers, so they really eat a lot.
While paying for my goodies, I felt a soft prompting in my heart by Holy Spirit to pay for the items that the person behind me had.
I actually noticed him when he walked in, a neat middle-aged gentleman, but his shoes told a tale of someone who has walked a long and hard road. Of course, when I offered, he first didn’t want to accept the gesture, but he relented, thanked me and walked out the door.
I asked the cashier if he frequents the shop regularly, which she confirmed as he stays nearby and walks there quite often. He buys the item he had (a certain brand of Mayonnaise) very often, and a few other things…… I decided to buy some more food items, and the assistants helped choose the items he likes, and they assured me that they will keep the items in a box to give to him when they see him again.
About two months has passed, and by chance I visited the same shop this week. The one assistant recognized me, and brought me a letter, that the man came and dropped off.
Wow – This was so special to me, that he would actually take the time and effort to write something, which I didn’t expect. I took the special letter, wrapped in a silver ribbon, and decided to read it at home. Since the start of this journey with Father, he has taken this heart of stone and replaced it with one of flesh….which means that I cry a lot, more than I have cried most of my life, I’m sure. This man’s name is Hendrik, and he starts the letter off with “Precious Stranger” (Dierbare Vreemdeling), and it ends off with “May God bless you”
Hendrik, thank you for this precious blessing, you have blessed my life more that you could know.
He reminds me of the one man that Jesus healed in Luke 17, while traveling to Jerusalem. Jesus healed 10 men, but only one returned to thank Him. Hendrik’s heart is a grateful heart, the heart that went the extra mile, that went back to where the blessing was received, and just like the man in Luke 17, thanked Jesus for the miracle. We are often so caught up in what happens around us, that we forget to honor Him, and the person He uses to bless or help us. It can be something financial, or emotions, a kind word, someone who just shows up on your doorstep for a cup of coffee and listens to your worries. Being blessed is not only something that you can touch, see or smell, it can be a feeling as well or a small gesture when you least expect it.
Be a blessing to someone today, tomorrow and every day, even if you only smile at the guard opening a gate, or a passerby. Let the love you feel in your heart, God’s love, touch the lives of others, so that they can get a glimpse into what real unconditional love looks like. Sometime the smallest step can make a life altering difference in someone’s life who needs it the most!
ACTS 20: 35 says: “In all things I have shown you that by so toiling one must help the weak, remembering the words of the Lord Jesus, how he said, ‘It is more blessed to give than to receive.’”
Meer oor AGS Klein Karoo Gemeente
Ons visie is om die droom te sien realiseer vir elke lidmaat van Klein-Karoo Gemeente deur die krag en werking van die Heilige Gees. Wees saam met ons deel van iets groter as jouself.
“Realiseer die DROOM”, beteken:
DOELGERIG – Leef volgens God se Woord, beloftes en plan vir jou lewe!, RESTOURASIE – ‘n Gemeente van heelmaking en ‘n nuwe begin!, ONDERSTEUNING – ‘n Gemeente-familie wat mekaar bystaan, onderskraag en help! ONTWIKKELING – Word toegerus tot dit wat God jou geroep het om te wees en te doen! MOBILISEER – Raak betrokke en maak ‘n verskil om jou deur die krag van die Heilige Gees!
Sodoende, raak ons die hart van God en van mense aan!
Hier kom hul bymekaar:
Hul kom elke Sondag om 09:00 bymekaar by die AGS Klein Karoo Gemeente, ’n Buitekantstraat. Daar is ook ’n regstreekse uitsending van die diens op Facebook.
Joykids Kinderkerk tydens die byeenkoms: Voorskoolse Oppasklassie 2 – 5jaar, en Graad 1 tot 6 Kinderkerk. Graad 7 tot 12, Tienerbyeenkoms Woensdae-aande @ 18:00 – 20:00 en Young Adults byeenkoms Dinsdae-aande @ 18:30 – 20:00.
Maak so kontak:
Tel: 082 863 9755
epos: info@agskleinkaroo.co.za
Webtuiste: www.agskleinkaroo.co.za
Besoek ook gerus hul sosiale media bladsye:
Facebook – “Klein-Karoo Gemeente”
Youtube – “AGS Klein-Karoo Gemeente Oudtshoorn”
